Koekedouw Dam

  1. Home
  2. History
  3. Koekedouw Dam

Koekedouw Dam

Die aanvanklike bron van water vir die eerste bewoners van Ceres was water uit die Dwars- en Titusrivier. Die inwoners het gou ingesien dat die Koekedouwrivier, wat net noord van Ceres uit die Skurweberge met die Dwarsrivier saamvloei, standhoudend en hoog geleë is en water van baie goeie gehalte lewer.
DIE eerste uitkeer uit die Koekedouwrivier is dan ook vroeg in die 1900 net bokant die voet van die berg gebou en water is onder swaartekrag daaruit vir die jong gemeenskap aangelê vir huishoudelike gebruik en tuinery.
Daar is ‘n aftap op ‘n plaat bekend as Groenplaatjie waar ‘n beton reservoir opgerig is vir huishoudelike gebruik met ‘n inhoudsmaat van 3,4 mega liter. Die skoon bergwater benodig geen suiwering nie. Hierdie stelsel was in gebruik tot in die middel van die twintigste eeu totdat die eerste dorpsdam gebou is.

 

Koekedouw Dam - October 2024