Klara Majola

‘n Storie van dapperheid

Klara was die 2de oudste kind van April Majola Jansen en Maria Jansen.  Alhoewel hul amptelik hierdie name het, word hul sommer Lemmie en Agnes genoem.  Klara se naam was Violet Jansen, maar selde so genoem.

Lemmie en sy vrou het in 1945 saam met Mnr Ernst van Dyk na die plaas Die Eike,  in die Witzenberg Vallei, getrek.  Die plaas is aan die voet van die Witzenberg geleë en het sy naam gekry op die feit dat daar baie Eike  bome op die plaas was. Lemmie en sy vrou het in ’n hartbeeshuisie ongeveer ‘n half myl van die plaaswerf gewoon. Lemmie was ‘n goeie skeerder en het as sodanig ‘n groot reputasie onder die werkers verwerf.  Hy het ook dikwelks in die boorde gewerk en was ‘n flukse werksman.  Toe hul op die Eike gaan woon het, het Lemmie alreeds met sy oë begin gesukkel.  ‘n Paar maande later het sy sig so vinnig verswak en het hy blind geword. Van toe af kon hy nie meer veel verrig nie, hy het egter op die plaas by woon.  Sy vrou het mevrou Van Dyk en dieplaasbestuurder se vrou in die huis gehelp.

Lemmie het dikwels gaan vuurmaakhout haal. Die spesifieke dag, 25 Julie 1950, het hy teen skerp skemer ‘n tweede keer weer gaan hou haal omdat dit baie koud geraak het.   nadat Agnes terug gekom het van die werk af en Lemmie nog nie terug was, het sy bekommerd geraak.  Klara het aan haar ma gesê dat sy kan aangaan om kos voor te berei, sy sal haar pa gaan soek.  Agnes het haar groen jas vir Klara gegee en ‘n stukkie brood.  Klara het sommer so, sonder skoene uitgegaan.   Sowat ‘n half uur later het Lemmie teruggekom by die huis.  Dit het intussen kouer begin word en hard gereën.  Agnes wou weet of hy nie Klara hoor roep het waarop hy geantwoord het dat hy niks gehoor het nie.   Hul het dadelik vir Klara begin soek, dit het nou hard gereen en ook begin kapok.  Hul het die hele nag lank gesoek en die kapok het sterker geword.  Teen ligdag het hul hul soektog gestaak en gaan koffie maak om warm te word,  Toe dit lig is het Lemmie vir Ernst gaan vertel dat Klara weg is.  Hy het mense gaan kry om te help met die soektog.  Die plaasbestuurder, Martin de Preez het Klara gekry.  Sy was halfpad in die water, en die jas ‘n entjie van haar af. Sy het op haar maag gelê, met haar bolyf so bietjie gedraai. Haar een been was effe opgetrek, en die voet was agter die ander een gehaak. Die rug van haar hand was styf teen haar mond, asof sy die warm wou blaas.  Sy was al lankal dood.

Klein Klara het verdwaal. Sy het haar pa misgeloop. By ‘n stroompie water was die grond moerasagtig. Sy wou deur die stroom loop maar het waarskynlik gegly en geval. Dit moes toe al hard gesneeu het en sy moes baie koud gekry het. Sy kon nie meer opstaan agv uitputting en het daar verkluim.

Klara se pa het vertel dat hy nooit vergeet hoe dapper Klara was deur te sterf terwyl sy hom probeer help het nie.

. 

Sy is in die kerkhof op die plaas begrawe.  14.4.1942 – 27.7.1950

 

Luister gerus na ‘n voorlesing van Dana Snyman se verhaal  by  http://iono.fm/e/53289

The ”Klara Majola” bronze statue made by the sculpturer Varenka Pascke.  Its on exhibition at the museum.

The ”Klara Majola” bronze statue made by the sculpturer Varenka Pascke.
Its on exhibition at the museum.

https://www.youtube.com/watch?v=ttjDTcNxtag

DJ Opperman se gedig oor Klara in animasie.

Klara Majola van agter Witzenberg
(nav DJ Opperman)

Klara Majola,
jou blinde dadda se bruinoog kind
lei jou dadda al om Witzenberg se voetenent
deur die wingerde wat so oumenskrom
in lang rye, voetjie vir voetjie aankruie,
neurie jou babbel liedjie
terwyl jou dadda in die koue lug
wasem wolke blaas.
Klara Majola,
neem jou dadda met die melkoog
waar die droë stok-armpies
vollop soos opdrifsels lê
neurie jou brabbel liedjie
terwyl jou dadda in die koue rëen
dooiehout in bondels bind.
Klara Majola,
“die nag was besonders koud en die kapok
het dik gelê”
O, Klara Majola ,Klara Majola
die kouebokkeveld het jou opgeeis.
Klara Majola,
ek sit hier met probeerslae van ‘n gedig;
koue krampe geknoop
wit geweld en duim in die mond
O, Klara Majola, Klara Majola
dit is jy nou;
-wonderlike interteks materiaal.
-‘n bespreking van die gepastheid,al dan nie,
van die beeldspraak.
Klara Majola,
ons verkluim jou weer en weer;
ons mislei jou tot jy verdwaal, ons breek jou vlerkies af
ons steel jou kinderlaggie en grawe jou hartjie uit
ons plant wingerdstokkies in jou skouertjies
ons buig jou krom en styf
ons krul jou op in ‘n nat draggie hout
ons toonset jou naam
op die klippe in ‘n stroom
verlaat ons jou;
vers vir vers

Lewies Botha

Lied oor Klara: https://www.youtube.com/watch?v=_U0eM0t0ta0 ((Klara Majola · Die Kaalkop Waarheid · Hanru Niemand · Christo Groenewald · Kristoe Strauss · George Rautenbach · Riku Lätti · Nardus du Plooy · recorded by Die Wasgoedlyn @ St. Rand Recording studio www.wasgoedlyn.co.za)

Brief aan Klara, gedig deur Nevelle Pedro, plaaslike digter: https://www.youtube.com/watch?v=dhcfPchzxCs

Stef Bos se lied oor Klara https://www.youtube.com/watch?v=yrSGRrSq0hE

Klara Majola
Klara Majola wou haar vader
toe die skemer sak, gaan haal
waar hy, die blinde, hout vergader
maar Klara Majola het verdwaal
Klein Klara Majola lê verkluim
in die Bokkeveld se bros kapok
haar arms en bene bruin
en kromgetrek soos wingerdstok
Klara Majola, die koue geweld
sif stadiger oor my uit die ruim
maar nooit sal ek in die Bokkeveld
so warm, Klara Majola, soos jy verkluim.