+27 (0)23 312 2045 info@ceresmuseum.co.za

Die Museum is opgewonde oor die komende Kuns-en Digfees vanaf 20 Oktober tot en met 28 Oktober.

Tydens hierdie 10 dae is ‘n vertoonvenster vir die plaaslike talent in ons Witzenberg.  Digters en skrywers asook kunstenaars kry die geleentheid om hul talente te toon aan ons gemeenskap.

Dit sluit onder andere in Dig kompetisie vir Juniors en Seniors, skrywerswerkswinkel vir digters en kortverhaal skrywers, Open Mic geleentheid vir digters by Tremor Koffiewinkel, kunsuitstalling met opkomende kunstenaars, kunswerkswinkels, Kunskompetisie vir Junior leerders en ‘n gala aand op 28 Oktober wat die hoogtepunt van ons feesprogram is.

Vir digters jonk en oud wat wil inskryf vir die digkomeptisie wat 28 Augustus al ge-open het en op 30 September sluit, kan inskryf met die volgende skakel.  Let wel alle termes en reels is vervat in die inskrywingsvorm.

https://forms.gle/duReTuXStCbkgUS79

 

Kotak die Togryers museum by 023-3122045 vir enige navrae.