Die Togryers museum nooi skole uit om deel te raak van ons NUWE BUITELUG OPVOEDKUNDIGE TOERE.
Dié inisiatief word aangebied in samewerking met Ceres Tourism Bureau wat leerders voorsien van n goodie bag. Die fisiese welstand van ons leerders is vir ons belangrik en daarom kombineer ons ons historiese uitstappie met dié van ‘n buitelug toer en word daar ook meer geleer van ons natuurlike omgewing.
Die toer word gelei deur ons opgeleide veldgids, Rudowaan du Toit. Vroegtydige besprekings moet plaasvind by 0233122045.
Alle klasse moet vergesel word van 2 leerkragte.
Bespreek NOU jou klas.