+27 (0)23 312 2045 info@ceresmuseum.co.za

Earthquake 1969

Earthquake 1969

At about 10:04pm on 29 September 1969, the Boland farming towns of Tulbagh, Wolseley and Ceres experienced the most destructive earthquake in South African history. The epicentre of the earthquake was situated in Saron, a region near Tulbagh. The earthquake measured a sizable 6.3 on the Richter’s scale, with reports of tremors experienced in the broader Cape region.

Earthquakes in the area were relatively unheard of before then. Because of a general lack of knowledge about earthquakes at the time, precautionary measures and disaster management were not in place. As a result the Tulbagh earthquake resulted in nine human casualties and several injuries. In addition many homes in the town were rendered uninhabitable. The earthquake wreaked destruction on the older, more historically significant, buildings in the area. One of the greatest casualties in terms of heritage was the La Rhone farm house, built in 1785, which was unfortunately damaged beyond repair.

Restoration programmes were immediately orchestrated to help facilitate rebuilding of the towns. Restoration programmes were specifically successful in Kerk Straat, Tulbagh, a street where the oldest buildings in town can be found. Numerous organisations set up disaster funds, as all South Africans sympathised with the residents of Tulbagh, Ceres and Wolseley.

# Earthquake 50 Facebook

 

Die boek getitled “Ons Onthou, 29 September 1969” handel oor die 1969 aardbewing en is by die museum beskikbaar:

29 September 1969 het die grootste natuurverskynsel in die vorm van n aardbewing die Noor- Boland getref. Die doel van Ceres se museum is om onder andere inwoners se persoonlike ervarings vir die nageslag te bewaar. Die aardbewing van 29 September 1969 het n onuitwisbare impak op lewens gehad en om hierdie rede het die Togryers Museum in 2016 ’n gemeenskaps-projek aangepak waarin Ceres en kontrei se mense hul persoonlike ervarings met die museum gedeel het, hetsy in ’n onderhoud of uit eie pen. Elkeen het sy eie onthou van daardie nag en die tyd daarna met die Museum gedeel. Dit is só na die beste van ons vermoë weergegee.

Die eindproduk is ‘n boek, toegelig met foto’s en stories oor die aanvanklike ontreddering en angs van die gemeenskap, die saamstaan en opstaan uit die puin en die herbou van ’n dorp.

Hierdie 231 bladsye boek is beskikbaar @ R160 by die Museum. Die boek kan bestel word by aardbewing1969@gmail.com

The Ceres Transport Riders Museum strives to engage in community programmes and help to assist and develop projects with focus on Ceres and it’s history.

The launch of the new earthquake book is such an example:

     

Om vyf minute oor tien op 29 September 1969, het ‘n ontsettende ramp die gemeenskappe van Ceres, Tulbagh, Wolseley en Prince Alfred’s Hamlet op hulle knieë gedwing. ‘n Aardbewing, geregistreer 6.3 op die Richterskaal, het verwoesting gesaai in die Bolandse dorpe. Heelwat naskokke het die gebied geteister en het herstelwerk bemoeilik [bl. 9]. Baie historiese geboue is verwoes, bergbrande het onstaan, rotsstortings het voorgekom en 11 mense het gesterf en talle is beseer. Geen persoon wat so ‘n aardbewing nie self deurleef het nie, kan hom in dink wat die inwoners daardie nag en die dae wat gevolg het, deurgemaak het nie.

“Uittreksels uit die boekie: die Aarde Het Gebewe”

“………….EN TOE METEENS! Terwyl ek nog praat, gebeur dit… Sonder enige waarskuwing of aanduiding vooraf, begin die aarde skud en dreun! Alles in die kombuis en in die res van die huis, begin rittel en beef… Al vinniger en vinniger… en al harder en harder! ‘n Ontsettende geraas en ‘n gedruis en gerammel asof die berge met ‘n oorverdowende lawaai oopgewring word, laat ons verskrik na mekaar kyk. Kasdeure vlieg oop en bottels konfyt, koppies, pierings, glase, borde en ornamente word wild deur die lug geslinger, voordat dit kletterend aan skerwe op die grond val.

Die hele huis begin kantel en meteens is dit stikdon­ker!  Na min of meer 30 sekondes, wat vir ons na ‘n ewigheid gevoel het, het ons buite gekom. 

,,Kyk, die sterre het geval!” het ek beangs uitgeroep, want in die stikdonker het duisende liggies teen die berghange geflits… en terwyl ons nog so staan en kyk, het die flikkerende ligte wat soos sterre gelyk het, in vure verander! Wat ons gesien het, was in werklikheid groot vuurvonke, soos die rotse in die berge – wat Ceres omring – gebreek en verskuif het. Binne ‘n paar sekondes het die nag vir ons ‘n verskrikking geword!  Die berge rondom ons was meteens een brandende massa! Die aarde onder ons het geskud en aaklig gedreun. ‘n Ontsettende, vreesaanjaende gebeurtenis om te aanskou en te beleef.

Om die aakligheid van die nag nog te vererger, het al die diere die naarste geluide gemaak. Die honde, katte, skape, beeste en voëls het op almal hulle eie manier, saam met die mense geweeklaag …

MENSE het die nag van die groot skudding die mees uiteenlopende gewaarwordings gehad. Baie mense het vreeslik benoud gevoel – so asof hulle verwurg word en geen asem kon kry nie. 

Ons huis wat deur ons lewe heen ons vesting en skuiling was, het meteens ‘n bedreiging geword. Ons wou dit in ‘n doodse vrees nie na binne waag nie, want hoe sou dit daar lyk? Die mure kon dalk omval – alles was miskien gebreek. Ons het veiliger hier buite gevoel, maar ons kon nog nie dink nie. Ons was verslae en ons denke vertraag of heeltemal verstomp.  Die kinders wou weet wat aangaan, en hoe sou ons weet wat om te antwoord? HIERDIE AARDSKOKKE is feitlik landswyd gevoel. By plekke so ver as Port Elizabeth, Durban en Kaapstad het mense paniekbevange uit hulle huise gehardloop – sommige was so ontstel dat hulle behandeling teen skok moes ontvang. Daar is selfs geringe skade in Kaapstad aangerig – byvoorbeeld gebarste mure van huise en geboue en ruite wat uitgeval het.

Toe die aardbewing ons gebied getref het, het die vallende rotsblokke ons waterpype, uit die dam in die berg, op ver-skillende plekke gebreek. As die sluise nie gou toegedraai sou word nie sou die dorp se watervoorraad alles uitloop. Vier mans met moed van staal het gelukkig besluit om die moeilike tog aan te pak en te midde van gevaarlike, rollende rotse, het hulle tot by die dam geklim en ons watervoor­raad gered. Hulle was mnre. M. Steenkamp, I. Bothma, C. Theron en ‘n besoeker van elders – mnr. Piet van der Walt.

HULP het van oral na die rampgebied ingestroom. Die weermag het onmiddellik die dienste van 20 swaar voertuie, 7 helikopters en 230 manskappe tot ons beskikking gestel. Die helikopters het gehelp om die waternood wat op Ceres ontstaan het, te verlig, en ook op Wolseley was hulle behulpsaam in die verband. Die helikopters was gebruik om swaar pype na die berge te vervoer waar die beskadigde waterpype vervang is. Karavane het skielik van orals gekom om die woning-nood te kom help verlig. In die meeste gevalle het die eienaars self die karavaan gebring en asof dit nog nie genoeg was nie het hulle ook nog die bypassende tente opgeslaan.  Maar die groot, ,,operasie-karavaan” is eintlik geloods deur mnr. J. G. van der Horst, Besturende Direkteur van die Ou Mutual versekeringsgenootskap. Die 53 karavane is in Kaapstad gehuur en kosteloos vir die nodige tydperk aan die woning-loses in die rampgebied beskikbaar gestel. Nog nooit in die ganse geskiedenis van ons gebied is daar seker met so baie liefde aan mekaar gedink soos juis in hierdie dae nie.

MET geen watertoevoer in sommige van die geteisterde dorpe nie, weens die beskadigde waterpype, het die mense hulle in ‘n uiters onbenydenswaardige toestand bevind.

Dit is ook goed om te weet van die verskriklike toestande waarin die mense wat by die telefoonsentrales aan diens was, die nag van 29 September, verkeer het. Dit was byna onbe-skryflik. Toe Dr. Reinach 9 (die burgemeester) hom die nag daarheen gehaas het, was sommige van die mense heeltemal histeries. Hulle ge-waarwordinge in die kantelende geboue was ontsettend, om-dat dit daar nooit heeltemal donker was nie – sommige van die skakelborde werk met batterye – en daarom kon hulle sien wat aangaan.

Dit het die hele tyd gelyk, en gevoel, asof die skakelborde op hulle gaan val, terwyl hulleself heen en weer geslinger is. Van die dames het later flou geword en kon nie met die veel-eisende werk voortgaan nie, want hulle het tydens die eerste 40 uur na die aardbewing, 20,000 oproepe hanteer. Van hier-die mense se stemme het later ingegee en hulle kragte het breekpunt bereik. Amptenare het later van ander dorpe gekom om hulle behulpsaam te wees.

SOOS die dae nou verbygaan en ons so stadigaan begin rigting kry, begin mense nuwe huise bou en die beskadigde huise word weer herstel. Geleidelik begin ons besef dat ons met hierdie beproewing moet saamleef, en dat ons net vol geloof en vertroue moet wees.

DIS REEDS ses maande sedert die groot aardbewing van 29 September, 1969, en ons het nog nie die verskrikking daarvan vergeet nie, want ons word feitlik daagliks nog deur skuddings daaraan herinner. Sommige trillings is nog taamlik hard, terwyl ander net sagte plofgeluide in die verte is.

Soet en suur was in die afgelope maande dikwels met mekaar vermeng, want daar was altyd ‘n tikkie humor aanwesig; selfs in die donkerste uur.            

SKADE

Die skade wat in die aardbewing aangerig is, was hoofsaaklik aan geboue en huishoudelike artikels. Dit het volgens die destydse amptelike raming sowat R19 miljoen beloop. Die grootste skade was aan ouer geboue wat nog met roustene en messelklei gebou is.

Verskeie historiese geboue, insluitende die bekende Drostdy op Tulbagh, is erg beskadig. Die infrastruktuur – watertoevoerstelsels, soos van die hoofdam in die Skurweberge op Ceres na die dorp, paaie, telefoon- en kraglyne – moes so gou moontlik herstel word.

Berriggewing, allerlei gerugte en stories oor moontlike “vulkaniese uitbarstings” het tot onsekerheid en paniek bygedra. Die sentrale rampkomitee het gou verskeie openbare byeenkomste gereël om inwoners gerus te stel met saaklike en alle beskikbare inligting oor presies wat gebeur het. Die streekkoerant Courier het ook ’n groot bydrae gelewer om mense op die hoogte te hou met wat gebeur het en oor hoe vorentoe.

Een van die groot lesse van die ramp was dat dit mense geleer het het om al hulle bates behoorlik te verseker. Dit was ’n duur les. Want toe eise teen versekeringspolisse ingedien is, is talle van die hand gewys omdat talle geboue nie net onderverseker was nie, maar ook nie teen ’n natuurrramp soos ’n aardbewing nie.

Die regering het baie gou op die ramp gereageer. ’n Interdepartementele komitee, waarin twaalf departemente verteenwoordig is, asook die destydse Kaapse Provinsiale Administrasie, is deur die destydse premier, mnr BJ Vorster, in die lewe geroep. Ook plaaslike komitees van die sentrale Bolandse rampkomitee, met dr Herman Reinach, Ceres se burgemeester, as voorsitter, is geraadpleeg.

In die heropbou is sowat 981 opslaanhuise opgerig. Woonhuise met geringe skade is herstel.

Nie-regeringsorganisasies (onder meer individuele weldoeners, kerke en ander nie-regeringsorganisasies) het meer as R1 miljoen tot die rampfonds bygedra.

Sowat twintig inspekteurs van die Departement van Gemeenskapsbou het enkele dae ná die ramp die streek besoek en ’n opname van die skade gemaak.

Die geboue op Ceres is drie groepe verdeel: Geboue wat nog bruikbaar was en steeds taamlik veilig bewoon kon word – 391; Geboue wat ná herstelwerk weer betrek kon word – 153; Geboue wat onbewoonbaar was en gesloop moes word – 287. Totaal 831. Danksy hulp van die regering en die talle gewillige hande is altesame 1,755 wooneenhede, plus ’n kinderhuis vir 54 kinders, asook ’n groot tydelike tehuis vir bejaardes opgerig en het ’n geraamde 10,000 mense in die gebied onderdak gekry. Dit het gehelp dat die hele rampgebied binne sowat twee jaar ten volle weer op sy voete was.

Die amptelike skade in geld gemeet is destyds op sowat R19 miljoen geraam. Onversekerde geboue in private besit: R6,2 miljoen; ’n verhoging van 30 persent in die verhoogde boukoste in die rampgebied: R1,9 miljoen; die sloop van geboue: R200,000; soortgelyke skade aan geboue buite die dorpe: R200,000; skade deur versekering gedek: R6 miljoen; die verskaffing van tydelike huisvesting: R2,5 miljoen; skade aan munisipale en staatsgeboue: R2 miljoen.  ( Uit ONS ONTHOU, 29 September 1969)