Het jy al ‘n paar kleurvolle funky sokkies in jou kas ? Indien nie het jy nog tyd om daai kleurvolle sokkies aan te skaf voor 7 Junie.
Crazysocks4docs is ‘n jaarlikse inisiatief waarin die klem val op die geestesgesondheid van dokters en gesondheiswerkers. Deur kleurvolle sokkies te dra op Vrydag, 7 Junie raak jy deel van die bewusmakingsveldtog wereldwyd. Kom ons wys dat ons omgee vir ons dokters en gesondheidswerkers op 7 Junie.
Jy kan ook ‘n nota van waardering plaas op sosiale media vir jou dokter of gesonheidswerker as bemoediging.